Archief Eendagsgasten

ARCHIEF | Poezie uit Zuid-Afrika Laurinda Hofmeyr & Breyten Breytenbach - UITVERKOCHT

“Sy sorg vir die teks soos ’n Boeddhis na ’n gewonde soldaat of ’n blinde vrou sou omsien.” Só sê Breyten Breytenbach oor een van Suid-Afrika se fynste musiektalente, Laurinda Hofmeyr. Dié gewilde sangeres voer gehore al jare lank mee met haar treffende toonsettings van Afrikaanse gedigte.
 
Op die vier albums wat Laurinda al vrygestel het, ontmoet poësie en musiek op ’n meesterlike, vernuwende manier. Afrikaanse digters wie se werk opklink, wissel van Leipoldt en Van Wyk Louw tot Toast Coetzer en Ronelda Kamfer. Haar verwerkings van Breyten Breytenbach se poësie is al staande toegejuig.
 
In April kan Nederlanders deel in musiek en poësie van prima gehalte wanneer Laurinda saam met een van Suid-Afrika se vóórste musikante op baskitaar, Schalk Joubert, optree. Die Nederlandse sangeres, Deborah de Groot, is ook op die verhoog en sorg saam met Joubert vir die agtergrondsang.

Breyten Breytenbach sluit op Saterdag 16 April by die trio aan. Hy sal voorlees uit die derde band van sy splinternuwe versamelde poësie, Die singende hand. Tydens dié spesiale geleentheid in De Roode Bioskoop sal Laurinda onder andere van haar Breytenbach-toonsettings sing. Terwyl die digter voorlees sal die musikante hom met musiek begelei.

Laurinda se optredes is deels moontlik gemaak deur die Van Ewijck Stigting.

Meer inligting oor Laurinda Hofmeyr is te vind op haar webwerf of facebook.

.